Ek verlang na ‘n verandering

Posted by Phobia on October 11th, 2007 filed in Home


Ek het besluit om hierdie teboekstelling in Afrikaans te skryf.  Dis net vir ‘n bietjie verandering.  Ek wonder wie sal dit lees maar weet ook dat nie baie mense sal dit verstaan nie.  Ek begin ook om die taal te vergeet en wil ‘n bietjie oefening he.  Ek is baie jammer oor die slegte grammatika maar hierdie Engelse sleutelbord het nie die korrekte tekeninge vir Afrikaans nie.

Wel wat sal ek se?  Dis Vrydag en heir kom die naweek.  Ek weet nie wat ek sal doen nie.  Ek wil laat slaap en na rolprente kyk as ek op die rusbank le.  Daar sal ook baie ongesonde kos wees!  Miskien ‘n wortel of twee en sommige frugte.

Vannag bak ek klein piesang koeke.  Ek het die recep verlede week probeer en dit was baie smaaklik!  Vannag sal ek klein veranderinge maak.  Miskien a bietjie meer suiker en nie soveel bak poeier nie.  Ek wil die koeke met my mansvriend se gesin deel.  Sy ma voel nie goed nie.  Sy is heir in Auckland om kanker behandeling te ontvang.  Die mansvriend is freeslik bekommerd en ek wil iets lekker doen vir hy en sy gesin.

Op Sondag is die Wereld Rugby Beker halfeindwedstryd teen Suid Afrika en Argentina.  Ek bly noe in Nieu-Seeland maar ek is steeds a Springbok ondersteuner!!  Ek sal jou ‘n bywerk op Maandag gee.

Totsiens tot dan!


Leave a Comment